Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld

Breaking Free From Depression

DAG 2 VAN 6

Hartseer Teenoor Depressie

Hartseer — ons is almal bekend daarmee. Taylor Swift het 'n loopbaan daaruit gemaak deur hartseerliedjies te skryf. Tog handhaaf Taylor meestal 'n positiewe uitkyk aan die einde van haar liedjies. Die hartseer waarvan sy praat is meestal tydelik.

Die nors, blou karakter in Disney Pixar se "Inside Out", beeld hierdie emosie 'n bietjie anders uit. Sy sê: "Om te huil help om my pas 'n bietjie stadiger te maak sodat ek nie oor die las van die lewensprobleme behep raak nie." Hierdie is 'n sterker emosie as die weemoed in Taylor Swift se popliedjies. Sommige mense sal dit selfs depressie noem.

Wat is die verskil? Hartseer is normaal. Almal word hartseer. Hartseer is gewoonlik die direkte gevolg van 'n situasie, soos in Taylor Swift se liedjies wanneer 'n verhouding eindig. Hartseer hou nie baie lank aan nie, dit verhoed nie dat jy funksioneer nie en dit onderbreek nie jou denkproses betekenisvol of verwring jou siening van jouself, God of die lewe nie.

Aan die ander kant is, depressie iets baie erger. Wanneer hierdie hartseer gevoelens verdiep en vir weke of maande voortduur, versleg dit tot kliniese depressie. Anders as hartseer, sluit depressie gevoelens en emosies in wat met jou gedagtegang inmeng, wat jou verhoed om in baie dele van jou lewe te funksioneer en dit verwring jou beeld van God, jouself, of die lewe in die algemeen.

Sommige basiese verskille sluit die volgende in:

  • Depressie lei tot 'n verlies aan jou selfbeeld. Hartseer beïnvloed nie jou selfbeeld nie.
  • Depressie hou vir weke tot maande aan. Hartseer hou hoogstens vir 'n paar uur of dae aan.
  • Depressie oortuig ons dat daar nie meer hoop is nie, terwyl hartseer dit nie doen nie.
  • Depressie ontwrig ons verhoudings.
  • Depressie is 'n ernstige siekte. Hartseer is normaal en 'n voordelige waarskuwingsteken.

Die Bybel gee ons twee voorbeelde van depressie — Petrus en Judas — hulle het altwee vir Christus verraai. Petrus het uit die dieptes na Jesus uitgeroep en hoop in Hom gevind. Anders as Petrus, het Judas hom nie na Jesus gewend nie en sy toestand het vererger. Hierdie is net een voorbeeld van baie ander wat ons in die Skrif vind.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free From Depression

Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit vanuit 'n Bybelse perspektief uiteen. Hy ondersoek oorsake, simptome en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

More

Baie dankie aan OneHope (http://onehope.net/) en Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Netwerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sadag.org/  of as jy of 'n geliefde stry teen 'n verslawing of sielkundige kwessie — of net opsoek is na antwoorde — skakel asseblief die 24/7 Hulplyn 0800 456 789 van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG).