Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld

Breaking Free From Depression

DAG 3 VAN 6

Wat Is Kliniese Depressie?

In 2008 het die aandelemark in duie gestort. Duisende mense het toegekyk hoe hulle finansiële portefeuljes vernietig word. Volgens die "British Medical Journal", het amper 5 000 mense selfdood gepleeg as gevolg van hulle verlies.

Hoekom? Ons leer in die Bybel dat ons in 'n gebroke wêreld lewe. Ons dra by tot die gebrokenheid van die wêreld met ons eie sonde, en ons voel die gevolge wanneer ander sonde doen. Ons ondervind die druk om in te pas, goed genoeg te wees en om ons ouers, onderwysers, base en vriende gelukkig te maak. Soms verg dit net 'n klein hupstootjie wat ons laat voel ons verloor beheer oor ons lewens en dit lei tot depressie. Geen wonder dus dat die Wêreldgesondheidsorganisasie, depressie as die leidende oorsaak van wêreldwye ongeskiktheid en die tweede leidende oorsaak van sterftes onder 15-29 jaar-oue persone verklaar het nie.

Jy het miskien al die term, kliniese depressie, vantevore gehoor. Kliniese depressie is 'n erger graad van depressie. Dit gebeur wanneer tydelike episodes van treurigheid en terneergedruktheid meer intens en langdurig word.

Hoe kan jy die onderskeid tref tussen kliniese depressie en gewone buierigheid? Hieronder is sommige tekens van depressie. Indien jy vyf van hierdie simptome vir langer as twee weke ervaar, mag jy depressie ondervind:

  • 'n Geïrriteerde, hartseer, leë gevoel of knorrige bui en die oortuiging dat die lewe hopeloos of betekenisloos is.
  • Verlies aan belangstelling in stokperdjies of aktiwiteite wat voorheen genotvol was of wanneer dit moeilik is om plesier in die lewe te vind.
  • Verandering in aptyt en betekenisvolle gewigstoename of -verlies.
  • Uitermatige laat-aand aktiwiteite, te veel of te min slaap en moeite om soggens op te staan.
  • Fisieke onrustigheid of stadigheid, op en af loop en/of buitensporige of herhalende gedrag.
  • Verlies aan energie, sosiale onttrekking en onttrekking van alledaagse aktiwiteite of verveling.
  • Maak van kritiese aanmerkings oor jouself of oorsensitief vir verwerping. Voel dikwels waardeloos of skuldig.
  • Swak werkverrigting by die werk of skool of dikwels afwesig. Probleme om te konsentreer of te dink.
  • Dink aan die dood of selfdood, weggee van gunsteling besittings en opmerkings soos: "Jy sal beter af wees sonder my."

Daar is ander soorte depressie soos seisoenale, nageboortelike en bipolêre depressie. Daar is hoop vir hulle wat aan depressie ly! Die Woord van God leer ons hoe om oorwinning oor ons gevoelens te behaal en om vryheid van sonde se houvas te ondervind.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free From Depression

Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit vanuit 'n Bybelse perspektief uiteen. Hy ondersoek oorsake, simptome en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

More

Baie dankie aan OneHope (http://onehope.net/) en Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Netwerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sadag.org/  of as jy of 'n geliefde stry teen 'n verslawing of sielkundige kwessie — of net opsoek is na antwoorde — skakel asseblief die 24/7 Hulplyn 0800 456 789 van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG).