Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld

Breaking Free From Depression

DAG 4 VAN 6

Kliniese Depressie — Waar Kom Dit Vandaan?

Het jy al ooit gewonder wat tot depressie lei? Sommige besluite is gekompliseerd en sommige is eenvoudig, maar elke besluit word grootliks deur twee dinge beïnvloed : 1) ons siening van 'n situasie en 2) ons emosies.

Emosies speel 'n reuse rol in die besluitnemingsproses. Gedurende hul laaste paasmaaltyd, het Jesus vir Petrus gesê dat hy Hom binne 'n paar ure sou verloën. Petrus het dit ten sterkste ontken. Om die waarheid te sê, hy het gesê hy sou eerder vir Christus sterf.

Wel, al het Petrus geweet wat die regte ding is om te doen, het hy 'n paar uur later sy emosies toegelaat om die oorhand te kry en het hy drie keer ontken dat hy hoegenaamd vir Jesus ken. Jy was sekerlik ook al in 'n situasie waar jy onder groot spanning of emosie 'n besluit moes neem. Het jy al ooit iets gedoen en dan jouself afgevra: "Was die besluit goed of swak?" Wanneer ons eers kalmeer en duidelik kan sien, is dit vir ons moontlik om beter besluite te neem. Die Bybel noem dit die vernuwing van ons denke.

Besluitneming is eintlik 'n samevoeging van ons gees, denke en liggaam. Ons liggaam se struktuur word bepaal deur die besluite wat in ons denke geneem word. Dit vind in ons brein se senuweebane plaas. Ons waardes en denkwyses kom vanuit ons gees.

Dit sou ideaal wees as hierdie geestelike oortuigings van God en sy Woord sou kom. Wanneer ons sy waarheid in ons besluitneming toepas, doen ons denke waarvoor God dit geskep het! Die slotsom is dat goeie besluite gesonder brein senuweebane skep en dit laat ons toe om helderder te dink en sy waarheid meer dikwels te gebruik.

Gedurende ons grootwordjare het ons almal baie swak besluite geneem. Kan jy 'n paar van joune onthou? Swak besluite lei tot beserings in die brein se senuweebane. Indien dit ongenees gelaat word — psigologies en geestelik — kan dit tot 'n swak selfbeeld, depressie, posttraumatiese stresversteuring (PTSV), angstigheid, selfbeserings, leuens, hallusinasies of verslawing lei.

Ongeag ons verlede of swak besluite, is die goeie nuus dat Jesus vir ons sondes gesterf het en God vergewe almal wat op Hom vertrou; dan kom leef die Heilige Gees in ons om ons te bemagtig, te beïnvloed en ons denke na liggaam en gees te heel. Met God kan ons aan onsself sterf, Goddelike besluite neem en ons denke vernuwe.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free From Depression

Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit vanuit 'n Bybelse perspektief uiteen. Hy ondersoek oorsake, simptome en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

More

Baie dankie aan OneHope (http://onehope.net/) en Karl Benzio, MD, stigter en direkteur van Lighthouse Netwerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sadag.org/  of as jy of 'n geliefde stry teen 'n verslawing of sielkundige kwessie — of net opsoek is na antwoorde — skakel asseblief die 24/7 Hulplyn 0800 456 789 van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG).