Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld
Gevare Van Depressie
Het jy geweet jy is midde-in 'n baie groot stryd? Dit is die waarheid en dit is geestelik. Die Satan is ons grootste vyand en die slagveld is ons denke. Hoe lyk dit? Hier is 'n paar algemene gevare wat deur die gevoelens in ons denke veroorsaak word.
- Emosies kan ons beeld van God, die lewe en onsself verwring. Miskien het jy al gesegdes gehoor soos: bloedrooi van woede, groen van jaloesie of liefde is blind. Emosies meng met ons vermoë in om duidelik te sien, te dink en verwring ons beeld van die werklikheid en waarheid.
- Gevoelens is nie die werklikheid nie. Miskien voel jy alleen, waardeloos of dat vrede onmoontlik is om te vind. Het jy geweet jy is nie hierin alleen nie? Christus belowe om jou nooit te verlaat nie. Jy is na God se beeld geskep en Hy sien groot waarde in jou. Hy bied vrede aan wat alle verstand te bowe gaan.
- Emosies is nie 'n goeie besluitnemingstelsel nie. Intense gevoelens skep 'n dringende behoefte om 'n besluit te neem wat tot impulsiewe en selfsugtige besluite lei. In plaas daarvan om op gevoelens te reageer, lê eerder geduld en selfbeheersing aan die dag om die feite wat die Heilige Gees en die Bybel jou wys, raak te sien.
- Emosionele verdraaidheid maak ons ongeduldig. Dikwels beoordeel ons ons omstandigheid te vroeg en verwag dan negatiewe resultate. Ons is geneig om nie die geheelbeeld te sien nie en dink dan ons het verloor of het nie geslaag nie en gee te gou moed op, in plaas daarvan om vir God se uitkoms te wag.
- Ons begeertes en behoeftes raak soms deurmekaar. Dikwels raak die grens tussen ons begeertes en behoeftes vaag. As ons nie versigtig is nie, dink ons ons het sekere dinge nodig om vrede en vreugde te verkry of om vir God aanvaarbaar te wees.
- Ons word selfgeregtig. Ons glo ons verdien geluk, gesondheid en gewildheid. In plaas daarvan om te besef alles wat ons het, is 'n geskenk van God, begin ons dink God skuld ons iets. God maak nie foute nie en het 'n rede vir die omstandighede in ons lewens – hou dus net uit en volg Hom. Hy sal jou na vrede lei.
- Selfdood word oorweeg. Selfdood is 'n permanente oplossing vir 'n tydelike probleem. Wanneer iemand selfdood oorweeg, is die boodskap wat hulle uitstuur dat hulle pyn moet einde kry, maar hulle sien geen hoop in hulle huidige lewenstyl nie. Neem 'n ander manier van dink en lewe aan. Verwelkom God se liefde deur die Gees en volg sy instruksies in die Bybel en jy sal jou pyn toenemend kan verduur. Dit sal selfs deur God se seëninge in jou lewe oorheers word.
Aangaande hierdie leesplan
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit vanuit 'n Bybelse perspektief uiteen. Hy ondersoek oorsake, simptome en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.
More