7 Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld

7 Questions That Rattle In The Minds Of Most Men

DAG 7 VAN 7

Ons is gemaak om plesier te vind in die vriendskapsverhoudings binne groepsverband. Daarom, selfs wanneer ons nie meer lede van die hoërskoolorkes, krieketspanne of militêre eenhede is nie, soek baie van ons steeds die samesyn met ander in klubs vir antieke motors of met 'n viertal gholfspel op 'n Saterdagoggend.

Selfs in die geselskap van hierdie groepe, selfs met dosyne vriende, lei die meeste mans nog steeds 'n eensame lewe.

Daar is 'n verskil tussen 'n vriend met wie jy 'n stokperdjie, 'n verlede of 'n paar biere deel, en die soort vriend met wie jy jou daaglikse uitdagings en geheime deel. Ek dink beide is belangrik.

Ons vraag vir vandag is: Wie kan ek vertrou?

Die kweek van die tipe vriendskap waarin jy teenoor 'n vriend kan erken dat jy onlangs die versoeking gehad het om na jou eksvriendin se Facebookprofiel te gaan kyk, is natuurlik nie maklik vir die meeste van ons nie. Dit moet 'n baie goeie vriend wees. Vandag se Bybelvers in Prediker vertel vir ons hoekom dit die moeite werd is om so 'n vriend te vind. Wanneer jy tot op die rand van 'n afgrond verlei word om 'n sondige besluit te neem, is hý die een wat sal help.

Soos ons gister gesien het, is die versoeking van sonde onvermydelik. Weet jy egter wat wag vir jou as jy die moed geskep het om jou stryd met 'n vriend te deel? Hy sal sê: "Ek ook." Wie is daardie vriend vir jou?

PROBEER DIT VANDAG DOEN

'n Betroubare vriend sal nuuskierig wees oor jou lewe sonder om te kompeteer. Hy sal jou aanmoedig en jou veilig laat voel om jou geheime te deel. Kan jy aan iemand dink wat hierdie eienskappe het? Indien wel, reik vandag uit na hom.

As jy meer van hierdie inhoud wil kry of dit wil deel met 'n groep, gebruik John Woodall se Bybelstudie vir mans: (7) Questions.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Questions That Rattle In The Minds Of Most Men

Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.

More

Baie dankie aan John Woodall en North Point Resources wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://vimeo.com/102571027