Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld
Dit is so maklik om in die leuen vasgevang te word dat God iets van ons wil hê, en nie VIR ons nie. Miskien is dit jou vryheid, jou pret of jou geld. Jy mag selfs al sekere tydperke in jou lewe sonder God deurgebring het, omdat jy nie wou hê sy reëls moet jou pret bederf nie.
In vandag se Bybelvers vertel Jesus aan die skare luisteraars dat hierdie mentaliteit primitief is. Dit is die "dief" wat ruïneer en vernietig. Miskien is die dief 'n loopbaan wat jou dreineer. Miskien is dit 'n kultuur wat sê dat jy jou toekoms op die spel moet plaas om vir 'n klomp goed te betaal wat jy nie nodig het nie.
Miskien is dit jou verlede wat fluister dat jy steeds nie goed genoeg is nie. Wat dit ook al vir jou is, dit is daar om jou lewe te steel.
Jesus het gekom om 'n doel en betekenis aan jou lewe te gee. Hy wil nie enige iets van jou af wegneem nie.
Ons vraag vir vandag is: Hoekom is ek hier?
Dit is van nature eie aan ons om te wil hê ons lewens moet iets beteken; om 'n nalatenskap agter te laat. Die probleem is egter wanneer die meeste mans 'n betekenisvolle lewe definieer. Hulle definisies strek nie veel verder as 'n loopbaan en geld nie.
Kom ons kyk vandag na 'n meer volledige prentjie van die oorvloedige en betekenisvolle lewe wat God vir jou wil hê. Hier is vyf areas om oor na te dink. Wat sou 'n oorvloedige lewe in elkeen van hierdie areas vir jou beteken?
- Self: Vir watter soort emosies wil jy bekend wees? Hoe wil jy hê moet jou fisieke gesondheid op die ouderdom van 70 jaar wees?
- Huwelik: Hoe wil jy hê moet jou huwelik oor 30 jaar lyk?
- Gesin en familie: Watter soort toekomstige verhouding wil jy met jou volwasse kinders hê? Jou broers en susters? Jou ouers?
- Werk: Doen ek waarvoor God my in die besonder geskep het om te doen? Maak my daaglikse werk dit vir my moontlik om ten minste hierdie roeping na te jaag?
- Die kerk: Hoe is ek deel van dit wat God in die wêreld doen?
PROBEER DIT VANDAG DOEN
Bestee tyd om jou definisie van 'n oorvloedige lewe vir elk van die vyf areas hierbo neer te skryf. Ons sal môre die volgende stappe aanspreek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.
More