Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld
Vir mans is dit 'n eer om littekens van vorige gevegte te dra — die mank loop wat kom van jare se rugby speel, of die skewe neus as gevolg van gevegte met 'n boelie op die speelgrond. Hierdie nagevolge herinner ons aan ons vorige glorieryke tye.
Ons dra ook letsels van oomblikke in die verlede wat nie so glorieryk was nie. Dalk is dit 'n afwesige pa, 'n saketransaksie wat sleg verloop het, of 'n vriendskap wat jou in die moeilikheid laat beland het.
Hierdie deurslaggewende oomblikke in jou lewe, of in verhoudings, kan 'n letsel laat waarvan jy nie eens bewus is nie. Net soos om mank te loop, kan dit jou verhinder om 'n oorvloedige en sorgelose toekoms in te gaan.
Ons vraag vir vandag is: Wat is my storie?
Hierdie vraag is 'n herinnering dat die verduideliking vir sommige van jou huidige omstandighede, in die verlede te vinde is.
Om in 'n gebroke gesin groot te word, het jou dalk geleer dat jy nie op geliefdes kan staatmaak om altyd daar te wees nie. Die bagasie wat jy as gevolg daarvan saamdra, kan in jou huwelik insluip; jy vrees dat jou vrou jou sal verlaat as julle twee 'n argument het.
Vandag se Skrifgedeelte in Johannes, sê dat die waarheid jou sal vrymaak — in hierdie geval beteken dit dat jy die verband tussen die verlede en die hede raaksien. Dit gee jou die geleentheid om te vergewe. Dit bevry jou van bitterheid. Jou verlede herinner jou, maar definieer jou nie.
Om terug te kyk na jou verlede, mag jou help om jou hede te verduidelik en sal verseker vir jou toekoms bevrydend wees.
PROBEER DIT VANDAG DOEN
Kies een deurslaggewende verhouding of oomblik in jou storie. Help hierdie vorige situasie jou om jou huidige probleme of optrede te verduidelik?
Aangaande hierdie leesplan
Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.
More