Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld
Jou nalatenskap word by verstek gedefinieer of ontwerp.
Jy het waarskynlik al 'n nalatenskap gesien wat by verstek geskep is — soos 'n oupa wat 'n werkesel was en wie se nalatenskap 'n verwaarloosde vrou en kinders was. Of dalk het jy 'n nalatenskap gesien wat met voorneme geskep is, soos 'n pa wat doelbewus liefgehad het, selfs al het sy eie pa dit nooit gedoen nie.
Jy het die geleentheid om te bepaal watter indruk jy op jou gesin, jou maatskappy of jou gemeenskap gaan maak. As dit nodig is, kan jy die bose kringloop van die verlede breek. Of as jy gelukkig is, kan jy die beste eienskappe vermenigvuldig van diegene wat voor jou daar was.
Ons vraag vir vandag is: Waarheen is ek op pad?
Ons het gister begin om hierdie vraag te beantwoord deur te dink aan hoe ons ideale toekoms in vyf areas lyk. Ons uitdaging vir vandag is om die aksies te bepaal wat nodig is om daarby uit te kom.
As jy wil hê dat jou vrou nog 30 jaar lank jou beste vriendin moet wees, moet jy beslis daardie vakansie vir die twee van julle bespreek. As jou ideale toekoms vriendskappe met jou broers en susters insluit, is dit dalk tyd om vir hulle 'n boodskap te stuur.
Soos 'n reis wat kilometer na kilometer se bestuur vereis, vereis dit bestendige en doelbewuste aksies om jou lewe na die gewenste bestemming te neem. Kom ons vind uit wat dit gaan behels.
PROBEER DIT VANDAG DOEN
Hersien jou definisie van 'n oorvloedige lewe in elk van gister se vyf areas (self, huwelik, gesin en familie, werk, die kerk). Onderneem dan om een aksie in elk van die areas uit te voer wat jou sal help om in die gewenste rigting te beweeg.
Aangaande hierdie leesplan
Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.
More