Leef met VisieVoorbeeld
"'n Baken in die Duisternis"
God se uiteindelike plan vir jou lewe reik verder as die visies wat Hy vir jou gesin, besigheid, bediening en finansies gegee het. Hy het jou as 'n enkele ligpunt in jou kultuur geplaas. 'n Baken in 'n wêreld wat desperaat is om iets Goddeliks te sien, iets wat duidelik nie van hierdie wêreld is nie.
Bo en behalwe die prestasies wat met jou visie geassosieer word, wil Hy mense na Hom toe trek. Ons visies het 'n groter doel, naamlik die verheerliking van God en die redding van mans en vroue. Dit is sy uiteindelike doel, sy uiteindelike begeerte.
Het jy al ooit so iets gebid: "Vader, laat my lig só voor die mense skyn dat hulle my goeie dade kan sien en U verheerlik?"
Ek hoor nie dikwels sulke gebede nie. Ons gebede is gewoonlik op ons persoonlike visies en drome gesentreer. Al te dikwels fokus ons ons gebeds-energieë om God te vra dat Hy iets moet seën, iemand moet verander of om ons projekte suksesvol te maak. Tog is Hy baie meer geïnteresseerd dat ons lig in omgewings skyn waar lig nie waardeer word nie. Al ons projekte, drome en visies is bloot moontlikhede en geleenthede vir die Vader om aandag en mense na Homself te trek.
Wanneer jy vir jou gesin bid, moenie jou versoeke tot "beskerming" en "seën" beperk nie. Bid dat God jou gesin as 'n lig in jou gemeenskap sal vestig. Vra Hom om jou gesinsverhoudings te gebruik om ander se aandag na Hom te trek. Vra Hom om ander 'n Goddelike element in jou gesin se lewe en leefstyl te laat raaksien.
Wanneer jy bid vir sukses in jou finansies en besigheid, vra God om dit op so 'n manier te gee dat dit aandag trek van diegene buite die geloof en dat hulle sal kennis neem. Bid dat die mense om jou sal besef dat jy sukses met God se hulp behaal het.
Jy is hier om 'n lig vir die wêreld te wees. Jy is 'n baken in hierdie duisternis.
Die sukses wat God jou gee, is nie alleen ter wille van jou nie. Dit is 'n middel tot 'n veel groter doel. 'n Ewige doel. Daar is 'n goddelike moontlikheid in alles wat jy doen.
Plaas jouself in die skoene van die ongelowiges in jou lewe. Wat sien hulle wanneer hulle kyk hoe jy jou lewe leef?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Almal bereik iets in die lewe. Party mense bereik doelbewus iets — hulle word beskou as diegene met visie. "Om met visie te leef" is om die rigting in te slaan wat nodig is om drome te realiseer. Hier is jou uitnodiging om elke dag vir 'n week lank, tyd in te ruim om oor God se visie vir jou lewe na te dink en daaroor te bid.
More