Leef met VisieVoorbeeld
"Gekoppel aan die Bron"
'n Klompie jare gelede het Sandra en 'n paar van haar vriende belas gevoel oor die jong vroue in ons kerk. Sandra het gevra of hulle 'n vrouebediening kon begin, gebaseer op die idee dat ouer vroue die jonger vroue begelei.
Ek het gedink dit was 'n baie goeie idee. Dus het ek haar begin vra hoe sy te werk wou gaan om hierdie bediening te begin.
Sy het geen antwoorde gehad op enige van my vrae nie, maar sy het 'n wonderlike reaksie gehad. Sy het gesê: "Ons wil graag vir 'n jaar daaroor bid en beplan."
'n Jaar? Hulle wou 'n hele jaar wag voor hulle die vrouebediening loods? In kerklike werk is dit ongehoord. Normaalweg, begin jy voor jy gereed is. Jy publiseer dit nog voor jy mense aanstel. Dan bestee jy jare daaraan om te kla dat niemand meer toegewyd is nie.
Vir 12 maande het Sandra en haar span gebid en beplan. Aan die einde van die jaar het hulle hul planne gepubliseer. Van die eerste dag af was dit duidelik dat God hulle 'n strategie gegee het. Ek het in verwondering gekyk hoe hierdie span die ouer vroue in ons gemeente gemobiliseer en opgelei het. Toe, met wat Goddelike leiding moes gewees het, het hulle jonger vroue by ouer vroue geplaas. Ons het verhaal na verhaal gehoor hoe die vroue wat hulle saam gegroepeer het perfekte pasmaats was.
God het geweet hoe om 'n vrouebediening in ons kerk te loods. Hy het net iemand nodig gehad om bereid te wees en vir die regte benadering te wag.
'n Goddelike visie is nie afhanklik van ons om iets te laat gebeur nie. Dit is afhanklik van God om iets te laat gebeur. Jesus het dit aan sy dissipels verduidelik soos lote wat in die wynstok bly ten einde vrug te dra.
Waarop ons geneig is om te antwoord: "Wag nou, ek kan sekerlik iets doen." Dis waar. Nogtans met geen gevolge van ewigheidswaarde nie. Tog is God se visie vir jou of my lewe propvol gevolge met ewigheidswaarde.
As dit van ons eie vindingrykheid afhang, kan ons 'n visie sommer gou opmors. God se werk, gedoen op God se manier, op God se tyd, is altyd suksesvol. Dit eindig op so manier dat die vinger terugwys na die bron: God.
Dink hoe dit vir jou sou lyk as jy aan God gekoppel kan bly sodat jy sy visie volgens sy plan kan uitvoer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Almal bereik iets in die lewe. Party mense bereik doelbewus iets — hulle word beskou as diegene met visie. "Om met visie te leef" is om die rigting in te slaan wat nodig is om drome te realiseer. Hier is jou uitnodiging om elke dag vir 'n week lank, tyd in te ruim om oor God se visie vir jou lewe na te dink en daaroor te bid.
More