Leef met VisieVoorbeeld

Visioneering

DAG 4 VAN 7

"Dit Is Alles Geestelik"

Soos ek op Dag 1 genoem het, sal enige Godgegewe visie gevestig wees in God se oorkoepelende visie vir hierdie wêreld. Tog dink sommige mense dat hul visie geensins enige geestelike betekenis het nie.

Iemand mag byvoorbeeld dalk sê: "Ek hoop nie om 'n kerk of bediening of enigiets in daardie lyn te begin nie. Ek probeer 'n besigheid aan die gang te kry. Wat het dit te doen met 'God se oorkoepelende visie vir die wêreld'?"

Indien jy 'n soortgelyke vraag ingedagte het, dink vir 'n oomblik hieraan: God plaas nie ons lewens in kompartemente nie.

Uit God se perspektief, is daar geen geestelike teenoor nie-geestelike dele van jou lewe nie. Hy maak geen onderskeid nie. Daar is geen wêreldse afdeling van jou lewe nie. Jy is 'n geestelike wese. Dus, alles waarby jy betrokke is het 'n geestelike ondertoon. Hy sien jou in geheel.

Die Christene in die stad van Korinte het geglo daar is 'n skeiding tussen die siel en die liggaam. Hulle het gedink hulle kan sondig met hulle liggame en dit sal geen invloed op hulle siele hê nie. Paulus het hulle daarop gewys dat so 'n onderskeid nie bestaan nie. Hy het vir hulle gesê dat hulle veronderstel was om God met hulle liggame te verheerlik.

Toe Christus jou op Golgota gekoop het, het Hy jou heeltemal gekoop: liggaam, siel en gees. Daar is geen onderskeid nie. Jy moet God deur jou aksies verheerlik, ongeag waar hulle plaasvind en in watter rol jy op daardie oomblik is. Jy moet God as 'n wederhelf, ouer, vriend, werknemer, werkgewer en landsburger verheerlik. Wat jy dus by die kantoor doen, is niks meer of minder geestelik as wat jy by die kerk of by die huis doen nie.

Gevolglik is daar 'n geestelike element in jou visie, ongeag vanuit watter kategorie in jou lewe dit spruit. Daar is geen wêreldse strewes nie. Jou visie bestaan nie onafhanklik van jou verantwoordelikheid om God te eer nie. Die uitdaging is om die verband tussen die twee te ontdek.

Bestee tyd om die volgende vraag te oordink: Hoe kan my hemelse Vader deur my visie verheerlik word?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Visioneering

Almal bereik iets in die lewe. Party mense bereik doelbewus iets — hulle word beskou as diegene met visie. "Om met visie te leef" is om die rigting in te slaan wat nodig is om drome te realiseer. Hier is jou uitnodiging om elke dag vir 'n week lank, tyd in te ruim om oor God se visie vir jou lewe na te dink en daaroor te bid.

More

Baie dankie aan Andy Stanley en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2aq2GDf