52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 33 VAN 52

Enige wanorde in hierdie wêreld ontstaan as gevolg van mense wat nie die Here vrees nie. Wat beteken dit om die Here te vrees? Dit beteken om vir die Here ontsag te hê en Hom te respekteer. Dit beteken dat God se gedagtes 'n groter gesag en prioriteit in jou lewe inneem as jou eie gedagtes. As ons besluit dat ons beter as God weet, en die Bybel as ons gids verwerp, sal ons pyn en gebrokenheid beleef wat God nooit vir ons in gedagte gehad het nie. Wyse mense bou hul lewens op God se waarheid.

VRAE

Het jy al ooit die wysheid van jou ouers, predikant of onderwyser in die wind geslaan? Wat het gebeur? Wie is die uiteindelike gesag in jou lewe?

BELYDENIS

Ek vertrou God en sy Woord bo alle menslike wysheid. Sy Woord is die uiteindelike gesag in my lewe.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR