52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 32 VAN 52

God is ons beskermer en beskutting en Hy wil graag al sy goedheid in ons lewens uitstort. In die begin het God absolute volmaaktheid vir Adam en Eva geskep om in te woon, en dit gee vir ons 'n kykie in die hart van God wat altyd vir sy kinders die beste wil gee. God hou nooit iets goeds van ons af weg nie. Dit beteken nie dat ons geen moeilikhede en stryd in ons lewens sal hê nie, maar ons weet dat God se hart en bedoeling vir goeie dinge in ons lewens is.

VRAE

Wat beteken dit om bedagsaam te leef? Watter goeie dinge het God vir jou gedoen?

BELYDENIS

Ek sal in die guns en eer leef wat die Here voorsien. Ek sal met integriteit leef.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR