52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 37 VAN 52

Die duiwel is 'n dief en 'n leuenaar. Hy beplan om jou lewe te verwoes en jou dood te maak. Alle sonde en verwerping van God se waarheid, lei tot geestelike en natuurlike dood. Adam en Eva het hierdie geestelike dood beleef. Hulle het nie van nature doodgegaan toe hulle die duiwel gehoorsaam het nie, maar het geestelik gesterf en het van God verwyderd geraak. Wanneer jy Jesus volg, sal jy meer lewe vind, en nie sommer enige lewe nie; 'n volle lewe! Jy sal meer vreugde en vrede beleef.

VRAE

Het jy gesien dat slegte dinge met jou en ander gebeur as jy die duiwel se planne volg? Jesus het gesê dat Hy gekom het sodat ons 'n wonderlike lewe kan hê. Wat behels dit vir jou?

BELYDENIS

Ek sal nie die planne van die vyand volg nie, maar ek sal die volle lewe hê en leef wat Jesus vir my wil gee.

Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR