52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 38 VAN 52

Jy word geseën as jy volgens God se begeerte leef. Wanneer ons na Jesus toe kom, red Hy ons, maak ons gesond en maak ons vry om in Hom te leef. Dikwels is ons begeertes meer op onsself en die voordeel gefokus wat dit vir ons inhou wanneer ons na Jesus toe kom. Jy sal ondervind dat die begeertes, visies en drome in jou hart hervorm word as jy God toelaat om jou hart te herskep. Hulle gaan dalk nie verander nie, maar daardie begeertes sal gereinig en vervul word sodat dit eer aan God kan bring en ander op jou pad kan dien.

VRAE

Wat is vir jou die lekkerste deel van om Jesus te volg? Watter prettige of betekenisvolle ding wil jy in die lewe doen?

BELYDENIS

My hartsbegeerte is om die wil van God te doen. Ek sal ander dien met wat God vir my gegee het.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR