52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 42 VAN 52

Dis amper te moeilik om 'n begrip te hê van 'n God wat altyd volmaak was en altyd volmaak sal wees. Omdat ons aanhoudend verander en groei, aanvaar ons dalk dat God ook so is. Sy karakter en woord was, is, en sal aanhou om volmaak te wees, wat beteken dat dit betroubaar is. Jy kan jou vertroue daarin stel. Dis goeie nuus. Al doen ons sonde en maak 'n deurmekaarspul van iets, of maak dalk God se hart seer, is Hy nie soos ons nie. Hy hou nie op om lief te wees vir ons of om genade teenoor ons te betoon omdat ons verander nie. Sy liefde bly altyd dieselfde en sy waarheid deurstaan alle tydperke.

VRAE

Het jy al ooit van gedagte verander oor iets? Het jy geweet dat God nooit verander nie? Hoe vertrou jy God?

BELYDENIS

God is volmaak en verander nooit. Sy genade en waarheid is vir ewig dieselfde. Hy is getrou al is ek ontrou.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR