52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 44 VAN 52

Die Woord van God is nie net goeie idees of interessante stories nie. Die Bybel gee vir ons die volledige en perfekte wysheid vir die lewe. Oor die laaste paar duisend jare bevestig en lewer wetenskaplike, geskiedkundige en psigologiese ontdekkings bewys van die Bybel se akkuraatheid. Geen ander dokument kan so vertrou word soos die Woord van God nie. Ek hou baie daarvan hoe dit as 'n beskermende skild beskryf word. Dit is waar. Wanneer jy jou lewe volgens die Bybel leef, beskerm dit jou teen alle vorme van boosheid.

VRAE

Moes jy al ooit tydens 'n storm in 'n skuiling wegkruip? Hoe beskerm die Woord van God ons teen die storms van die lewe?

BELYDENIS

Die Woord van God is volmaak. Ek sal volgens die Bybel se instruksies lewe.

Dag 43Dag 45

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR