52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld
Ek hou baie van vandag se vers; dit is kosbaar soos goud. Eerstens kry ons 'n leidraad van hoe om te leef om God te behaag. Ek wil God met my lewe behaag. Wat is die sleutel daarvan? Geloof. Hy vra ons om Hom te glo en te vertrou. Hy vra dat ons ons geloof in dade oorsit. 'n Sleutel tot jou geloof is om goeie dinge van jou hemelse Vader te verwag. Geloof behaag God want dit verwag dat God daarop sal reageer en diegene wat na Hom toe kom beloon. Moenie na God toe kom sonder om te verwag dat Hy jou sal hoor en antwoord nie!
VRAE
Wat beteken geloof? Glo jy dat God op jou gebede reageer? Waarvoor bid jy en verwag jy dat God iets in jou lewe sal doen?
BELYDENIS
Ek plaas my geloof in God! Hy hoor en beloon my as ek Hom soek en volg.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.
More