52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 36 VAN 52

Vryheid is die kern van die Christendom. Wanneer jy vryheid sien en beleef, weet jy dat God deel daarvan is. Waar vryheid groei is Bybelse beginsels ter sprake, maar as daar 'n beherende en beperkende toestand is, beteken dit dat die duiwel aan die werk is. Dit is waar vir regerings, maar ook waar in jou verhouding met Jesus. Die kerk of die Christendom wat meer op reëls en menslike volmaaktheid gefokus is, verloor kontak met die Heilige Gees.

VRAE

God is bekend vir vryheid. Waarvoor is jy bekend? Het jy die Heilige Gees uitgenooi om by jou te wees?

BELYDENIS

Die Heilige Gees bring oral vryheid waar Hy is. Ek sal nie beheer nie, maar bemagtig.

Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR