52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld
Vandag se vers is een van die belangrikste verse. Op watter patroon bou jy jou lewe? Ons lewens is net soos 'n bouer wat 'n bloudruk en planne nodig het om 'n huis te bou. Ons bou ook ons lewens volgens 'n bloudruk en planne. Die vraag is: waar kry jy jou planne? Van die wêreld af of vanuit die Bybel? God se planne sal lewe bring, maar die duiwel se planne of die wêreld se planne, sal die dood bring. As jy slegte planne gebruik het om mee te bou, kies vandag om hulle weg te gooi en God se planne vir jou lewe te aanvaar.
VRAE
Het jy al ooit die verkeerde ding begin doen omdat jy 'n vriend dit sien doen het of dit op 'n TV-program gesien het. Watter lewenswyses het jy in die media of in flieks gesien wat die verkeerde manier van doen is?
BELYDENIS
Ek sal my lewe volgens God se planne bou, nie die huidige kultuur nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.
More