52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 30 VAN 52

Die wonderlikste nuus is dat toe Jesus die aarde verlaat het om sy plek op die troon in die hemel in te neem, het Hy ons nie alleen gelos nie. Sy vertrek het toegelaat dat Hy die Heilige Gees kon stuur. Wanneer 'n volgeling van Jesus met die Heilige Gees gedoop word, is daar 'n vrylating van nuwe krag en gesag oor die vyand. Wanneer jy die Heilige Gees ontvang, gaan jy dalk in tale praat. Daardie hemelse taal gaan jou baie naby aan God bring en die Heilige Gees sal jou bemagtig om sy getuie te wees en die kragtige gawes van die Gees te kan gebruik.

VRAE

Is jy al met die krag van die Heilige Gees vervul? Het jy iemand al van Jesus vertel?

BELYDENIS

Dankie Heilige Gees vir u krag en vreugde. Ek sal die gawes wat U my gegee het begin gebruik.

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR