52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld
Vandag se vers mag aanvanklik soos iets negatiefs voorkom, asof God jou dophou om seker te maak dit gaan sleg met jou as jy slegte besluite geneem het. Ja, jy sal pyn oes van die negatiewe en sondige sade wat jy saai, maar hierdie vers is ook 'n belofte. Jy kan verseker weet dat jy sal oes wat jy saai. Wanneer jy goeie dinge saai, sal jy goeie dinge oes, al neem dit 'n rukkie. Jy voel dalk dat jou beloning nie gou genoeg kom nie, maar dis 'n gewaarborgde beginsel dat jy die beloning van jou pogings sal sien.
VRAE
Is daar enigiets in jou lewe wat jy beter wil maak? Wat kan jy begin doen of saai om dit te laat gebeur?
BELYDENIS
Ek sal oes wat ek saai. Goeie dinge sal in my lewe gebeur as ek God se goeie Woord in my lewe toepas.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.
More