52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld
Dit mag dalk voel of iemand wat jou kwaad aangedoen het jou vergifnis moet verdien, maar Jesus vra dat ons met oorgawe vergewe en genade betoon teenoor ander mense, al verdien hulle dit nie. Die opdrag aan ons om te vergewe, is op Jesus se vergifnis gebaseer en nie op mense wat om verskoning vra vir wat hulle aan ons gedoen het nie. Omdat Jesus jou vergewe het, moet jy ook genade betoon. Begin om vir die mense te bid wat jou seergemaak het en hou aan om hulle te vergewe en genade aan hulle te betoon.
VRAE
Op watter maniere kan ons gaaf wees teenoor ander mense? Is daar iemand wat jy moet vergewe?
BELYDENIS
Ek is dankbaar vir God se genade wat my sonde vergewe. Ek kies om die mense te vergewe wat my kwaad aangedoen het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.
More