52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 24 VAN 52

God het vir ouers die heerlike verantwoordelikheid gegee om vir hulle kinders te sorg, te beskerm en hulle te leer. Wanneer kinders hulle ouers eer en hulle bevele uitvoer, sal hulle geseënd wees en God se genade beleef. Terwyl ons grootword en die Bybel leer ken, gee God vir ons ouers wysheid wat ons nie het nie. Vertrou dus op God deur eerstens te leer om jou ouers te gehoorsaam terwyl hulle vir jou van die Bybel leer.

VRAE

Is dit vir jou moeilik of maklik om jou ouers te gehoorsaam? Hoekom of hoekom nie? Hoekom dink jy is dit belangrik om na jou ouers te luister?

BELYDENIS

Ek is lief vir my ouers en eer hulle. Ek sal my ouers gehoorsaam en self 'n goeie ouer wees en my kinders God se weë leer.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR