52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 26 VAN 52

Ek is so dankbaar oor die waarheid in vandag se vers! God het jou nie kom liefhê omdat jy dit verdien het of bewys het dat jy goed genoeg vir sy liefde is nie. Hy het aarde toe gekom en aan die kruis gesterf omdat Hy ons liefgehad het! Jesus was eerste vir ons lief! Die liefde, genade en vergifnis wat ons almal ontvang, is omdat Hy ons liefhet. Ek kan ander liefhê omdat ek oorloop van die liefde van God.

VRAE

Hoe laat dit jou voel om te weet dat God jou liefhet? Aan wie kan jy vandag liefde bewys?

BELYDENIS

God het my lief. Ek sal ander mense liefhê soos Jesus my liefhet.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR