52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 19 VAN 52

Ons menslike instink is om te probeer om mense te behandel soos hulle ons behandel. As iemand ongeskik of gemeen teenoor ons is, wil ons hulle in eie munt terugbetaal. Jesus wil eerder hê dat ons nie moet kyk na hoe ons behandel word nie, maar probeer om mense te behandel soos ons behandel wil word. Dit kan moeilik wees, maar jy kan dit met God se hulp doen. Dit gaan dalk 'n rukkie neem om te verander hoe mense jou behandel, maar begin deur daarop te fokus hoe jy hulle behandel en kyk hoe God begin om hulle harte en optrede te verander.

VRAE

Het iemand jou al ooit sleg behandel? Hoe het jy gereageer? Hoe wil jy hê moet mense jou behandel?

BELYDENIS

Ek sal ander mense behandel soos ek behandel wil word ongeag hoe hulle my behandel.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR