52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 15 VAN 52

God het die hele aarde met al sy prag geskep en Hy het jou met sy hande geskep. Jy is nie maar net aanmekaar gelas nie, maar wonderlik en spesiaal gemaak — as sy beeld geskep met ongelooflike waarde en 'n doel. Daar sal mense in jou lewe wees wat negatiewe dinge oor jou of ander mense te sê het omdat hulle nie weet hoeveel waarde hulle het nie. Leer om hulle te vergewe en hou aan om woorde van lewe oor jouself en ander uit te spreek.

VRAE

Waarvan hou jy die meeste hoe God jou gemaak het? Jy is uniek. Hoe dink jy gaan God jou gebruik om die wêreld te verander?

BELYDENIS

Ek sal my lewe en elke mens s'n as waardevol ag. Alle mense is met 'n spesifieke doel deur God self in die moederskoot aanmekaar geweef.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR