52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld
Omdat ons kan moeg raak en soms oorweldig voel, kan ons onwetend aanneem dat God ook so voel. Ongeag van wat in die wêreld en in jou lewe aangaan, is God nie fisiek moeg of uitgeput nie. Hy het nie 'n ruskans of 'n vakansie nodig nie. Hy is slaggereed en in staat om alles te hanteer wat oor jou pad kom. Vandag se vers herinner ons ook dat sy insig en opdragte bo ons begrip is, en dat ons beste vorm van wysheid is om sy Woord te vertrou en dit voluit te volg.
VRAE
Wat was die langste tyd wat jy ooit wakker gebly het, sonder om aan die slaap te raak? God weet alles; watter vraag sal jy graag vir God wil vra?
BELYDENIS
My God is sterk en word nooit moeg nie. Sy optrede en gedagtes is betroubaar en verhewe bo myne.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.
More