52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 14 VAN 52

So dikwels is ons net dankbaar as dinge goed gaan, maar koning Dawid het verstaan dat dankbaarheid nie van omstandighede afhang nie, maar van God se liefde. Hy het geweet dat God ons nie net liefhet en geskep het nie, maar dat sy liefde oneindig is. Dit het geen perke of einde nie en jy kan daarop staatmaak. God tree hardhandig op teenoor boosheid, maar teenoor sy kinders is Hy baie liefdevol.

VRAE

Was daar ooit 'n tyd toe jy gedink het dat God jou nie liefhet nie? Hoekom het jy so gevoel? Hou God se liefde ooit op?

BELYDENIS

Ek sal dankbaar wees omdat God goed is en sy liefde geen einde het nie.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die vers te verstaan en hoe om dit op hulle lewens toe te pas.

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR