Bemoediging Uit Die WoordVoorbeeld
Psalm 118:1
"LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!"
- Dankbaarheid behoort ‘n belangrike komponent in ons lewens te wees.
- Goedheid is sy wese en aard, en daarom kan ons Hom loof.
- Ons kan Hom loof en dank in goeie en moeilike situasies.
- Ons kan staatmaak op sy getrouheid wat altyd uiteindelik vir ons daar sal wees.
Gebed: Vader, dankie vir u onfeilbare, ewige en getroue liefde vir my. U is voorwaar ‘n baie goeie Vader en ek kies om U my dank en lof te gee. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag vir Alive aan God bedank! vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe