Bemoediging Uit Die WoordVoorbeeld

Johannes 21:7
"Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here!"
- Soms moet ons situasies en omstandighede hanteer wat ons nie verstaan nie.
- In die donkerte van ons omstandighede voel ons dalk dat die Here nie teenwoordig is nie.
- Maar deur die duisternis en oor die golwe sal sy stem na ons roep.
- Dan sal ons herken "DIT IS DIE HERE" en ons hoef niks te vrees nie.
Gebed: Vader, help my om u teenwoordigheid te kan herken en u hand in my omstandighede te sien, selfs wanneer twyfel en vrees my probeer oorweldig. Ek besef dat U met my is, om my te help en om my deur die donkerte te bring. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag vir Alive aan God bedank! vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
