Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is Voorbeeld
Om te wag
Geloof is nie net praat nie; geloof moet op dade uitloop. Vir my is een van die moeilikste dinge om te wag.
Wag op die Here. Vertrou op Hom om jou “lewensmotor” na ’n beter plek te stuur wanneer jy jou hande van die stuurwiel afhaal. Ons moet gaan stilsit en soos ’n wyse vakman uitpluis wat die beste manier is om die taak voor ons aan te pak. En dan moet ons dit met kliniese presisie die eerste keer reg uitvoer.
Ek onthou hoe vol krag, opgewondenheid en entoesiasme ek as jong man was. Tog moes ek as jong boer dikwels dieselfde taak tientalle kere oordoen om dit reg te kon doen. Ek was later skoon uitgeput en moedeloos.
Een van ons plaaswerkers, wat feitlik van die begin af saam met ons hier begin werk het, beweeg stadig, praat stadig en dink stadig, maar hy is waarskynlik een van die vinnigste werkers op die plaas. Ek onthou hoe ek eenkeer vir hom die opdrag gegee het om ’n heining op te rig om die vee binne te hou. Hy het die gate vir die hoekpale gegrawe, waarskynlik ’n goeie meter diep. Ek het hom later gevra hoekom dit hom so lank neem om die heining te span, maar hy het net geantwoord: “Sit maar net die heining op sodat ons die beeste kan binnehou.” Hy het my vraag heeltemal geïgnoreer.
Die boonste draad van daardie heining het soos ’n klaviersnaar gelyk. Hy het elke opening tussen die drade gemeet en het geweier dat enigiemand hom aanjaag om vinniger te werk. Wanneer hy ’n heining opgerig het, was dit voorwaar iets om op trots te wees.
Die Here sê ons moet op Hom wag. Mense het my al dikwels tydens evangelisasieveldtogte gekonfronteer met die vraag: “Hoekom het die Here toegelaat dat dit met my gebeur?” As hulle heeltemal eerlik met hulleself sou wees, sou hulle besef dat hulle nege uit tien keer die ramp oor hulleself gebring het omdat hulle nie op die Here wou wag nie.
Wag eerder vandag op die Here as om iets te doen waaroor jy later spyt gaan wees. Ons lees in 1 Tessalonisense 5:24: “Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste keer my vertroue in Hom geplaas het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie.” Deel Angus Buchan se vertroue-reis in 14 oordenkings uit sy dagboek ’N MOSTERDSAAD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/