Voed Jou GeloofVoorbeeld
1 Konings 19:1-5
1 "Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2 Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: 'Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.' 3 Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4 Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: 'Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.' 5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: 'Word wakker! Eet!'”
Leë dreigemente
Die grootste aanvalle kom dikwels net ná die grootste oorwinnings. In hierdie verhaal het Elia pas een van die grootste oorwinnings van sy bediening gehad. 1 Konings 18 wys vir ons dat Elia van aangesig tot aangesig met die profete van Baäl gekom het, en God het op 'n magtige manier verskyn. Onmiddellik daarna stuur Isebel vir Elia 'n doodsdreigement. As jy na hierdie verhaal kyk, sien jy dat Isebel nie opgedaag het om Elia self dood te maak nie – sy het 'n boodskapper gestuur om 'n dreigement af te lewer.
In ons lewens word ons oorval met boodskappers — die nuus, eweknieë, ens. Die vyand weet hoe om strategiese boodskappers van vrees, twyfel en hopeloosheid te stuur wat die bedreiging van moeilikheid oorweldigend kan laat voel, en dit gewoonlik net nádat jy 'n tree na God neem. Die vyand se doel is om jou met sy boodskappers te dreig sodat jy sal opgee op wat God in jou lewe wil doen.
Dit is belangrik na wie en waarna jy luister, want jy sal gevolgtrekkings oor jou toekoms maak op grond van die stemme wat jy in jou lewe toelaat. Isebel het nie die gesag gehad om Elia iets aan te doen nie; sy het net die boodskap gehad. Sy het vrees by Elia ontlok en dit gebruik sodat hy homself iets aangedoen het. Maak nie saak wat boodskappers sê nie, glo die Woord van God oor jou lewe en verwerp al die ander.
Jy is deur God uitverkies, en hy werk namens jou. Moenie dat die vyand se boodskappers jou stuit om die roep van God te volg nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!
More