Voed Jou GeloofVoorbeeld
Handelinge 8:1-4
1 "Ook Saulus het hierdie moord goedgekeur. Daardie dag het daar 'n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria. 2 Godvresende mense het vir Stefanus begrawe en daar is baie oor hom gerou. 3 Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit. 4 Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het, die evanglie verkondig."
Opposisie = Geleentheid
Ek sê graag dat opposisie 'n profetiese aanduiding is dat geleentheid onderweg is.
Soos die vorming van die kerk in Handelinge begin het, was daar 'n verskeidenheid vervolgings wat hulle in die gesig gestaar het. Dit was egter die probleme wat eintlik gehelp het om die evangelie te versprei. Toe die vroeë kerk teenstand ondervind het, was daar ook 'n geleentheid vir Koninkryksvordering.
Probleme openbaar wie ons werklik is
Ek ondervind dat probleme 'n spieël is — dit onthul wie ek is. Ek weet nie hoe sterk my geloof is totdat ek 'n moeilike situasie in die gesig staar nie. Toe die vroeë kerk deur probleme gegaan het, het die evangelie nie swakker geword nie, in teendeel, dit het krag gekry.
Maak nie saak wat jy vandag in die gesig staar nie, weggesteek binne daardie probleme is 'n geleentheid vir God om op 'n wonderbaarlike manier deur te kom. Moenie moedeloos wees wanneer jy moeilike tye in die gesig staar nie. Moenie ontmoedig voel wanneer jy deur 'n krisis gaan nie; leun eerder op die Here en soek die geleentheid hoe God Homself sterk aan jou kan wys.
Toe die vroeë kerk verstrooi was, het God daardie verstrooiing gebruik as 'n geleentheid om die evangelie na gebiede wat dit nog bereik het nie te versprei. Diegene wat die evangelie teëgestaan het moes gedink het as gevolg van hulle vervolging, hulle die bedreiging van die vroeë kerk vernietig het, maar in plaas daarvan het dit in krag gegroei. Waar ook al die mense versprei was, dit het hulle nuwe sendingveld geword.
Dit kan moeilik wees om te verstaan hoekom ons deur pyn gaan of sommige van die omstandighede ervaar waardeur ons gaan, maar God is getrou en sal dit wat die vyand vir die kwaad bedoel het, ten goede vir ons laat meewerk!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!
More