Voed Jou GeloofVoorbeeld
Matteus 28:1-7
1 "Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. 2 Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. 4 Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. 5 Toe sê die engel vir die vroue: 'Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6 Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. 7 Gaan gou en sê vir sy dissipels: 'Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.' Dit is wat ek vir julle moes sê.'"
"Dit moet iewers wees"
Toe ek grootgeword het, was my ma die beste om goed wat weggeraak het weer te kry. Ons was 'n groot gesin en wanneer iemand oor verlore sleutels of 'n kledingstuk na haar toe gaan, sou sy altyd sê: "Wel, dit moet iewers wees!" As ek terugdink, glo ek dat my ma se vermoë om verlore items te kry, verbind was met haar oortuiging dat dit gevind kon word. Dieselfde geld vir jou hoop — hoop is nooit verlore nie, al voel dit dalk vir jou so. In die bogenoemde Skrifgedeelte, het Maria en die dissipels hopeloos begin voel toe hulle Jesus nie kon kry nie, maar net omdat hulle Hom nie kon kry nie, het nie beteken dat Hy nie daar was nie.
Ons dien 'n God wat daarin spesialiseer om lig uit duisternis, lewe uit die dood en wonderwerke uit oënskynlik onmoontlike situasies te skep. Ek hou daarvan om te sê dat God nie alles VEROORSAAK nie, maar Hy GEBRUIK alles en sal dit tot sy eer laat werk. Dit lyk dalk asof alle hoop verlore is, maar laat ek jou bemoedig met die woorde van my ma: "Dit moet iewers wees." Jou deurbraak is weggesteek in die oortuiging dat daar deurbraak te vinde is.
Hou aan soek
Dit maak nie saak hoe moeilik 'n tydperk mag wees of hoe verlore jy mag voel nie, God werk namens jou en het 'n antwoord vir jou situasie. Moenie moed verloor nie!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!
More