Voed Jou GeloofVoorbeeld

Feed Your Faith

DAG 3 VAN 7

Psalm 55:23

"Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie."

Vrees

Ek was een keer by 'n pretpark waar ons deur 'n geheimsinnige dofverligte tonnel gestap het. Iemand wat ook in die ry was het skielik 'n koue gil gegee, nadat sy geskrik het vir iets wat sy gesien het. Oomblikke daarna het verskeie ander mense ook geskree. Hulle het niks gesien wat hulle laat skrik het nie, iemand anders se vreesbevange gil het vrees in hulle geaktiveer.

Vrees is aansteeklik! Net soos siekte kan versprei, het vrees ook die vermoë om te versprei en ons wêreld te besmet. Vrees het 'n missie en groei in krag elke keer as ons dit ruimte gee.

Vrees is 'n dief: dit mik om jou van jou vertroue in God te beroof.

Vrees is 'n bedrieër: dit kom voor as waarheid.

Vrees is 'n leuenaar: dit mislei ons.

Geloof

Die meeste mense dink as hulle geloof het, hulle nie vrees kan hê nie. Vrees gaan nie altyd weg nie, maar jy kan jou geloof groter as jou vrees laat wees. Vrees het selektiewe geheue van die verlede. Dit kan die pyn van gister herroep terwyl dit die getrouheid van God wat jou deur dit bring vergeet.

Geloof verhoog: dit verhoog jou doel en God se roeping op jou lewe.

Geloof gee energie: Dit sal jou met lewe en energie vul in die verwagting dat God namens jou werk.

Geloof verwag: dit plaas 'n verwagting op die goedheid van God vir ons verlossing.

Voed Jou Geloof

As jy 'n lewe van geloof wil leef, moet jy jou geloof voed met die Woord van God en jou vrees laat honger ly. Verhonger jou vrees van die bevrediging van bekommernis oor die toekoms, en rus in die openbaring dat God jou sien, jou liefhet en 'n goeie plan vir jou lewe het.

Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Baie keer kan ons vrees 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die gang van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot. Vrees is natuurlik, maar as jy jou geloof voed, sal dit jou bemagtig om jou vrees te oorkom na 'n kragtige, oorwinnende geloofslewe!



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Feed Your Faith

Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!

More

Ons wil graag vir Pastoor Dustin Bates vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://churcheleven32.com/our-pastorspdj/