Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama FortnerVoorbeeld
Want Jesus is Gebore
Skrifgedeeltes: Johannes 10:10; Filippense 2:5-11; Die Openbaring 21:4
Ek dink aan die wêreld toe Jesus gebore is — 'n wêreld vol vreemde oorheersing en konings wat moord pleeg. Amptenare wat leuens vertel en tollenaars wat bedrieg. 'n Wêreld, wat in verskeie maniere, nie soveel anders is as ons wêreld nie.
Salomo het gesê: "Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie” (Prediker 1:9). Kyk na die chaos, kwaad en sondes van die mens en dan sien jy hoe waar sy woorde is. Veral wanneer ons in die kinders se oë kyk wat wag vir ons om hulle die pad aan te wys. Tog is hierdie wêreld se koninkryk — hierdie een waarin ons gebore is — net tydelik. Dit is Christus se koninkryk wat vir ewig sal staan.
Al ken ons nie al die besonderhede van die hemel wat kom nie, weet ons hierdie waarheid: “Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan” (Die Openbaring 21:4). Ons siele verlang na die hemel, ons ewige tuiste.
Eendag sal ons daar wees, in die nimmereindige koninkryk. Net omdat Jesus in hierdie wêreld gebore is.
Here, My Verlosser, ek loof U vir hierdie lewe wat U vir my gegee het — en vir die belofte van die ewige lewe saam met U. Amen.
Kom ons herwin Kersfees
Jesus het gesterf sodat ons die lewe kan hê (Johannes 10:10). En dit in oorvloed. Lewe ons daardie lewe? Of is ons verlore in stof en grond, tussen sperdatums en afleidings? Doen vandag iets wat jou lewendig en in uitbundig laat voel. Miskien is dit iets so eenvoudig soos om borrels saam met (of sonder) 'n kind te blaas, te gaan stap, of te lag totdat jou kiewe pyn. Of miskien is dit meer iets soos om vir jou naaste 'n geskenk te koop, te dien by 'n tehuis of te help waar jou hart 'n nood raaksien. Leef vandag oorvloedig.
Aangaande hierdie leesplan
Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.
More