Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama FortnerVoorbeeld
Sterker as Twyfel. Groter as die Besonderhede.
Skrifgedeelte: Matteus 19:26; Lukas 1:5-25; Spreuke 3:5–6
Dit blyk asof Sagaria en Maria dieselfde vrae aan die engel vra in Lukas 1, maar eintlik as jy mooi lees twyfel Sagaria, waar Maria net besonderhede gevra het.
Tog is die antwoord op altwee vrae dieselfde: God.
Niks is onmoontlik vir God nie. Hy is sterker as ons twyfel en ken al die besonderhede.
Gedurende hierdie Kerstyd gaan ons die onmoontlike nastreef — en ek verwys nie net na die oneindige doen-lysies nie. Ons gaan gevra word om die onbeminlike lief te hê, vrede te bewaar met die wat net rusie wil veroorsaak, stil te bly wanneer ons graag eerder ons monde wil uitspoel en te gee totdat ons voel asof ons niks meer oor het om te gee nie. Belangrikste van alles, gaan ons uitgedaag word om die lig van Jesus te laat skyn in ons kinders, familie, vriende en almal wat oor ons pad kom, se harte.
Onthou die antwoord wanneer die onmoontlikheid, twyfel en wonder oor besonderhede dreig om jou te oorrompel: God. Ons twyfel kan nie sy krag of sy wil om saam met ons te werk belemmer nie.
O Here, my God, laat u lig so helder skyn in my lewe dat dit alle twyfel en wonder oorwin. Amen.
Kom ons herwin Kersfees
Jy wil nie saam gaan na die partytjie, uitstappie, byeenkoms of wat ook al nie, maar daar is tye wat jy net nie kan nee sê nie. Ek vind dat die outydse advies goed werk wanneer ek myself in so 'n situasie bevind: moenie aan jouself dink nie — of ek die regte klere aanhet en hoe lank nog voor my hare gaan los glip nie — maar dink eerder aan iemand anders. Gaan sit by die mens wat alleen sit, luister na die amper tiener wat vasgevang is tussen skaam wees en angs om grootmens te wees, help die mamma wat net 'n oomblik se stilte wil hê. Streef daarna om 'n seëning te wees en jy sal sien hoe jy self geseën word, al is jy op 'n plek waar jy nie eintlik wil wees nie.
Aangaande hierdie leesplan
Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.
More