Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama FortnerVoorbeeld

Simply Christmas a Five-Day Reading Plan to Reclaim the Peace of the Holidays by Tama Fortner

DAG 2 VAN 5

Hoog Begunstigde

Skrifgedeelte: Lukas 1:26-38; Johannes 3:16; 1 Johannes 3:1

Vir die wêreld was Maria net 'n arm kind uit 'n arm dorpie. Jonk, nietig en onbelangrik. Ek dink toe die engel aan haar verskyn het en haar as "begenadigde" gegroet het, sy glad nie so gevoel het nie. Ons lees in die volgende vers dat sy “verbysterd” (AFR83), “verbaas” (DB), en selfs “ontsteld” (AFR53) was deur die engel se begroeting.

Ons hoef nie te hard daaroor na te dink hoekom sy so gevoel het nie, hoef ons? Alhoewel soveel verander het van Maria se tyd af tot nou, het een ding dieselfde gebly — ons gelyktydige verlange en huiwering om begunstigde genoem te word. Kersfees sal soms ons tekortkominge vir onsself uitlig gedurende die subtiele en nie so subtiele vergelykings en kompetisie. Dit is so maklik om na almal om ons te kyk en nietig en onbelangrik te voel.

Moenie na al die twyfel luister nie. Ons is — jy is, ek is — hoogs begunstig.

Laat die engel se antwoord aan Maria: "Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou.” (Lukas 1:30) vir jou ook 'n antwoord wees as daardie woorde jou verbyster, verbaas of ontstel. “God bewys genade aan jou.” God se genade is ons s'n. Nie oor wat ons doen of nie doen nie, maar omdat ons Syne is. Ons het nie 'n engel nodig om dit vir ons te sê nie. God het self dit vir ons gesê. Sy boodskap lê daar in die krip neergelê. Ons — ek en jy — is hoogs begunstig want die Here het gekies om met ons te wees.

Liewe Heer, leer my hart om te glo dat ek u hoogs begunstigde is. Amen.

Kom ons herwin Kersfees

'n Kinder bibliotekaris het vir 'n groep jong mammas gedurende storietyd — met kinders op ons skote, om ons nekke en op ons rûe — vertel dat koekies gebak van vooraf vervaardigde deeg nie tel as koekies bak nie. Ek het haar vir jare geglo. Hoekom? Omdat ek probeer het om aan almal se verwagtinge te voldoen. Want ek wou ook 'n hoogs begunstigde genoem word. Ek weet nou die waarheid: "kitskoekies" tel. So ook die oopbreek, geen bak, van niks af gemaak, uitgerolde en gevriesde koekies. Dit gaan nie oor die koekies nie. Dit gaan oor die tyd wat saam deurgebring word.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Simply Christmas a Five-Day Reading Plan to Reclaim the Peace of the Holidays by Tama Fortner

Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.

More

Ons wil graag Penguin Random House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://waterbrookmultnomah.com/