Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama FortnerVoorbeeld

Simply Christmas a Five-Day Reading Plan to Reclaim the Peace of the Holidays by Tama Fortner

DAG 4 VAN 5

Nie Deel van die Plan nie

Skrifgedeeltes: Miga 5:2; Lukas 2:1-7; Filippense 4:19

Die lewe was alreeds baie anders as wat Maria gedink het dit gaan wees. As 'n jong verwagtende moeder, het sy sekerlik gehoop om haar baba te kry in die veiligheid en gemak van haar eie huis. Keiser Augustus se bevel het dit verander. Sy het nie 'n keuse gehad nie, maar moes maar doen wat vereis word en sy en Josef het op reis gegaan na Betlehem, na 'n vreemdeling se stal.

Dit is dalk nie waarvoor Maria gehoop het nie, maar dit was wat die Here gesê het gaan gebeur (Miga 5:2). Die Seun van God word gebore in Betlehem.

Partykeer — veral gedurende die Kerstyd — raak ons vasgevang in dinge buite ons beheer. Ons planne word verander deur siektes en storms en omstandighede en ons het nie 'n ander keuse as om maar net te aanvaar wat gebeur nie. In plaas daarvan om angstig te raak oor hoe dit moes wees, stop en dink oor wat dit kan wees.

Is dit moontlik dat die veranderinge in ons planne deel is van God se groter plan? Kan Hy hierdie siekte, storm of omstandigheid in ons en ons geliefdes se lewens gebruik vir iets beter as wat ons kan aan dink?

Betlehem was dalk nie deel van Maria se plan “voor die engel alles kom verander” het nie, maar dit was deel van God se perfekte plan.

Here, wanneer my eie planne verander, help my om op u perfekte plan te vertrou. Amen.

Kom ons herwin Kersfees

Vir jare het my kinders rou hawermout en "glinster" op die grasperk gegooi. Dit was landmerke en 'n peuselhappie vir Kersvader se takbokke. Dit was een van my gunsteling tradisies, totdat ek besef het dit is nie meer een van hulle s'n nie. Tradisies kan mooi herinneringe wees, maar hulle kan ook die vreugde blus as die mense dit ontgroei het of meer angstigheid veroorsaak as geluk. Kyk hierdie jaar na jou gesin se tradisies. Watter is geliefd en belangrik? Watter benodig 'n nuwe kinkel? Watter moet heeltemal geskrap word?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Simply Christmas a Five-Day Reading Plan to Reclaim the Peace of the Holidays by Tama Fortner

Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.

More

Ons wil graag Penguin Random House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://waterbrookmultnomah.com/