Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Die Resultaat van Geloof
Lees: Matteus 15:21–28; Lukas 8:42–48
SOAP: Matteus 15:28; Lukas 8:48
“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!”
Oordenking
Hoe meer ons leer oor God en die gawes wat Hy ons gegee het, hoe meer voel dit asof ons 'n pragtige matrjosjka-pop uitpak. As jy al ooit met een gespeel het, weet jy dat hierdie Russiese nespoppe oopmaak om nog 'n pop te onthul, en dan nog een, totdat jy by die kleinste pop kom.
Ons het geleer oor God se karakter en goedheid en daarna 'n ander laag oopgemaak om die gawe van dankbaarheid te ontdek, wat dan die gawe van hoop, en nou die gawe van geloof, geopenbaar het. Elke nuwe ontdekking leer ons iets oor God, sy Seun en ons geloof. Die les van vandag beweeg ons van "wat geloof is" na "wat geloof doen".
Ons geloof in Jesus en die krag van die Heilige Gees gee ons die vrymoedigheid om God te nader met die begeertes van ons hart, met die vertroue dat sy wil die regte antwoord is op wat ons nodig het. Die gevolg van daardie geloof is vrede. Wanneer ons in God glo — glo dat Hy die skepper en heerser oor alles is — kan ons vrede hê, ongeag van ons omstandighede of hoe ingewikkeld die lewe vir ons voel.
Vrede is nie 'n gevoel of 'n ervaring wat slegs tydens Kersfees gebeur wanneer ons versierings opsit wat sê: "Vrede op Aarde" nie. Vrede is die gevolg van die gawe van geloof wat God ons gegee het, en dit is 'n geskenk wat ons met ander kan deel terwyl ons vir hulle vertel waarom ons Jesus vier en opgewonde wag op sy beloofde koms.
Gebed
Here, dankie dat U my so mildelik elke goeie en volmaakte geskenk gegee het wat ek nodig het om in my geloof te groei en ander aan te moedig. Hoe meer ek oor U leer, hoe meer ontsag kry ek oor die diepte van u liefde vir my. Gee my die geleentheid om die rede vir my vrede hierdie Kersfees met ander te deel. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/