Die Grootste GeskenkVoorbeeld

Die Grootste Geskenk

DAG 27 VAN 43

Die Beskerming van Geloof

Lees: Efesiërs 6:10–20

SOAP: Efesiërs 6:16

Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.


Oordenking

In Paulus se brief aan die Efesiërs en in sy brief aan die Tessalonisense (1 Tessalonisense 5: 8–10) het hy die vroeë kerk baie duidelike instruksies gegee om hulle op hul geloofsreis te help. Hy het geweet dat hulle meer nodig het as 'n klop op die skouer en om herinner te word om "net te vertrou". Hierdie geloof van ons onderskei ons van die wêreld. Dit vereis volharding, standvastigheid, liefde en vertroue. Maar as dissipelmakers word ons ook tot aksie geroep.

God voorsien aan ons die volle wapenrusting om aan te trek, wat die beskerming van geloof bied. Die wapens van waarheid, vryspraak, vrede, geloof en verlossing is bedoel om in ons lewens toe te pas en daagliks te gebruik. Die Woord van God en gebed is noodsaaklike wapens om die leuens van die vyand te bestry. Dit is ons geloof wat ons beskerm, en God het ons al die gereedskap gegee wat ons nodig het.

Deur die gawe van geloof, het God ons toegerus om alles wat ons in hierdie wêreld tegemoet sal gaan met vertroue te hanteer, wetende dat ons geloof ons hoop, vrede en beskerming gee.

Dit is geloof in aksie. Dit berei ons voor as die krygsdogters van die Koning, gereed en bereid om vir ons siele te veg. Ons ontvang die wapenrusting en die draaiboek, en God rus ons toe om te gaan en dissipels te maak, om die lig te wees, om sy kinders met liefde te dien terwyl die vyand elke sluipaanval wat hy ken, probeer.


Gebed

Vader, dankie vir geloof wat beskerm en vir al die toerusting wat U my gegee het om die aanvalle en planne van die vyand te beveg. Wanneer ek in die oggend wakker word, help my om te onthou om die wapenrusting wat U vir my gegee het, aan te trek, sodat ek voorbereid en beskerm kan wees om elke dag met geloof en vertroue in U te staan. Amen.





Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/