Die Grootste GeskenkVoorbeeld

Die Grootste Geskenk

DAG 32 VAN 43

Vreugde in Beproewings

Lees: Filippense 1; Jakobus 1:2–4

SOAP: Jakobus 1:2–4

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkominge. 


Oordenking

Die lewe is 'n gekompliseerde mengsel van goeie en slegte tye, hoogtepunte en laagtepunte, bergpieke en valleie. In ons Skrifgedeelte van vandag, skryf Jakobus aan die vroeë kerk om hulle te bemoedig dat, ongeag van watter beproewings hulle ook al in die gesig staar, daar is vreugde te vinde — en daardie bemoediging is op ons ook van toepassing! 

Hoe ervaar ons vreugde selfs te midde van beproewings? As gelowiges weet ons dat ons huidige omstandighede tydelik is en dat ons 'n volmaakte woning in die hemel het wat vir ons wag. Wanneer ons ons fokus wegdraai van wat met ons en om ons gebeur, en eerder ons fokus op God plaas, kan ons op die uitkyk wees vir die lesse wat langs die weg geleer moet word. 

Jakobus vertel ons dat die beproewing van ons geloof volharding produseer of die vermoë om met geduld te volhard. Soos ons volharding ontwikkel, word ons geloof versterk, wat tot gevolg het dat ons lewens “volmaak en sonder gebrek” is. In hierdie geval beteken volmaak nie dat ons nie foute sal maak nie of dat ons nie in die toekoms beproewings sal ervaar nie, maar dat ons geloof volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 

God het ons die gawe van vreugde gegee, wat ons in sy teenwoordigheid en in ons verhouding met Jesus kan vind. Ons omstandighede is nie ons bron van vreugde nie, maar ons kan kies om ons geloof uit te leef in alle seisoene, die maklike en die moeilike, die goeies en die slegtes, met 'n begeerte om meer soos Jesus te word. Dit sal ons voorbeeld in daardie uitdagende tye wees, wanneer ander sien dat ons aanhou om vreugde te vind in die beproewings, wat dalk die grootste geskenk kan wees wat ons aan hulle kan gee.   


Gebed

Ons Vader, dit maak nie sin dat ek vreugde sal vind in beproewings nie, maar u weë is soveel beter as die weë van die wêreld. Dankie dat U vir my die gawe van vreugde en 'n ewigheidsfokus gee wat my help om vol te hou en te groei in volharding soos my geloof versterk word. Amen.




Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/