Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Die Belofte van Geloof
Lees: Matteus 17:14–20; 21:18–22
SOAP: Matteus 21:21–22
Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.”
Oordenking
Geloof is 'n geskenk, en ons hoef nie baie daarvan te hê vir God om iets wonderliks daarmee te doen nie. Matteus het 'n oomblik met Jesus gedeel, waar Hy vir Matteus gesê het dat hy net geloof, wat so groot is soos 'n mosterdsaadjie, nodig het om berge te versit. Het jy al ooit 'n mosterdsaadjie gesien? Ons het 'n pot papawersaad in ons spens waarmee ons bak. 'n Mosterdsaadjie is die helfte so groot soos een van hulle!
Mosterdplante is, as hulle die regte sorg ontvang, geharde bosse wat stadig groei, maar hoë hitte en min water kan weerstaan. As hulle volgroeid is, is hierdie plante ongeveer ses tot twintig voet lank en het hulle diep wortels wat water soek, wat hulle help om tydens droogtes te oorleef.
Ons geloof hoef nie groot te wees om ’n groot impak te hê nie, maar met behoorlike opvoeding en ontwikkeling, 'n verbintenis tot stadige maar bestendige groei, en die bereidwilligheid om ons wortels diep in die Woord van God en die Lewende Water van Jesus Christus te delf, kan 'n klein greintjie geloof ontwikkel tot iets wat ons wildernis-seisoene kan weerstaan.
Wy vandag tyd daaraan om na te dink oor jou geloof. Vra God om te openbaar waar jy getwyfel het of waar jy gewag het om na Hom in gebed te gaan, omdat jou geloof nie groot genoeg was nie. Omhels jou geloof, of dit nou so klein soos 'n mosterdsaadjie is of twintig voet lank voel, en dank God vir hierdie pragtige geskenk wat jy aan Hom kan terugbring.
Gebed
Vader, U belowe dat ek sal ontvang as ek in geloof vra en glo — en dit is 'n pragtige geskenk. Dankie dat U my alles gegee het wat ek nodig het om my mosterdsaad-grootte geloof te koester tot iets wonderliks wat U kan gebruik om berge te versit. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/