Verspotte GeloofVoorbeeld
Kruip Voor Jy Loop
Wat ek volgende gaan sê mag jou verras: Jy moet kruip voor jy kan loop. Ek weet ek het nou net van verspotte geloof gepraat, maar die punt is, ons moet êrens begin. Niemand stap 'n gimnaseum binne vir die eerste keer na twee jaar en begin sommer dadelik om met gewigte van 136 kg gewig te stoot nie, en niemand spring vir die eerste keer kop eerste in 'n swembad en verwag om soos 'n Olimpiese swemmer te presteer nie.
Die aand wat ek vir Natalie, nou my vrou, ontmoet het, het ek nie op een knie gegaan, my ewigdurende liefde aan haar verklaar en haar gevra om met my te trou nie. Sy sou my desperaat genoem het! In plaas daarvan, het ek my tyd geneem om haar te leer ken, 'n paar grappe vertel, saam vleis gebraai, tyd saam met haar deurgebring ... jy weet, klein treetjies.
Verspotte geloof is waar jy jouself bevind na jy toegewy was om klein gelooftreetjies te neem. Die waarheid is egter, die meeste mense wat iets groots wil wees, wil nie iets op 'n klein skaal aanpak nie. Hulle wil Moses-kloof-die-see-oop soort resultate hê, maar hulle wil nie teruggaan Egipte toe en hulle verlede in die gesig staar nie. Hulle wil veilig op 'n groot, stewige boot in die middel van 'n vloed wees, maar hulle wil nie splinters in hulle hande hê omdat hulle die stukke plank afgeskuur het wat nodig was om die boot te bou nie. Ek verbeel my dat Noag, toe hy daardie eerste boom afgekap het, met 'n klein bietjie geloof begin het en 'n groot hoeveelheid nederigheid wat niemand behalwe hy en God gesien het nie.
Vir jou kan 'n klein bietjie geloof dalk beteken dat jy 'n bankrekening open met die naam "Vrygewigheid fonds" en dan R15 daarin deponeer. 'n Klein bietjie geloof mag dalk wees om 'n aansoekvorm in te vul om vir aandklasse by jou plaaslike universiteit in te skryf. Dit mag dalk beteken jy loop deur jou plaaslike meubelwinkel en soek 'n bank uit wat jy in die sitkamer wil sit van die huis wat jy nog nie besit nie. 'n Klein bietjie geloof kan dalk beteken jy skryf 'n brief aan jou ouer met wie jy jare laas gepraat het.
Ek glo jy sal sommer gou vinniger beweeg in jou geloof, maar jy kan nie hardloop as jy nie eers leer loop het nie. Om in geloof te wandel gebeur eers nadat jy in geloof gekruip het. Dit is reg om eers te kruip.
Oorweeg die terrein in jou lewe wat jy gister met die swakste geloof fondament geïdentifiseer het. Watter klein treetjie van geloof kan jy neem om daardie fondament te verstewig?
Aangaande hierdie leesplan
Iets in jou glo die onmoontlike. Iets in jou dagdrome oor 'n wonderwerk. Iets in jou weet jy is gemaak om 'n lewe van verspotte geloof te lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal Pastoor Michael Todd jou begelei op 'n reis van geloof terwyl hy jou help om 'n nuwe perspektief op God se planne vir jou te kry: 'n toekoms wat jy jou skaars kan verbeel.
More