Verspotte GeloofVoorbeeld

Crazy Faith

DAG 2 VAN 5

Om Te Glo

Ek het grootgeword as een van vyf broers in 'n diep, gelowige gesin. My ouers is predikante wat altyd 'n lewe van diepe geloof aan my voorgehou het. Wanneer die meeste ouers sou gesê het: "Ek is jammer, maar ons kan dit nie nou bekostig nie," het my ma gesê ek moet bid en God vertrou vir dit wat ek wou hê. 

My ouers het altyd vir my Bybelverhale vertel van buitengewone geloof, en ek sou my verbeel ek is een van die karakters. Dit het nie net in my 'n goeie verbeelding tot gevolg gehad nie, maar het ook die fondament vir 'n sterk geloof gelê. 

Ek is ten volle daarvan bewus dat nie alle kinders so grootword nie, maar die pragtige ding van geloof is dat dit nooit te laat is om daaraan te bou nie. In die Afrikaanse Bybel weergawes, begin Hebreërs 11:1 met die beskrywing van wat geloof is. Ek wil jou dus nou, op hierdie oomblik, aanmoedig om hierdie beskrywings van verspotte geloof ook jou eie te maak. Om die waarheid te sê, nou is die perfekte tyd. Daar waar jy nou is kan jy begin om die mure van twyfel af te breek, die leuens van pessimisme uit te roei en die raamwerk van vrees te verwyder sodat God die fondament van 'n nuwe geloof diep in jou kan lê. 

Ek is oortuig dat die fondament waarop jy jou lewe behoort te bou, geloof in God en geloof in sy Woord is. Die Woord van God bestaan al van geslag tot geslag. Dit het al koninkryke sien kom en gaan. Die Woord van God bring verandering teweeg, maar self sal dit nooit verander nie. 

"Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig (Jesaja 40:8). 

Staan 'n bietjie tyd af om die fondament van jou geloof te ondersoek. Die waarheid is, jy kan nie 'n wolkekrabber-grootte visie op aanmekaar-geplakte geloof bou nie, en jy sal nie wonderwerke van majestueuse omvang met kleinhuisie beginsels ondervind nie. Kom ons neem dit 'n tree verder. Dink aan spesifieke terreine in jou lewe, en beoordeel die fondament van jou geloof vir elke terrein op 'n skaal van 1 (leë area — baie potensiaal!) tot 6 (wolkekrabber — groot visie en uitdagende drome).

Jou vriendskappe, loopbaan vooruitsigte, romantiese verhouding, gesondheid, finansies, kinders, persoonlike ontwikkeling en enige ander visies vir jou toekoms — elkeen moet op die fondament van 'n stewige geloof gebou wees. Watter soort fondament is nou onder hulle? Wanneer jy weer na jou lysie en beoordelings kyk, onthou die verblydende nuus is dat hierdie net die begin van jou verspotte reis is. Verspotte geloof gaan oor vooruitgang, nie om perfek te wees nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Faith

Iets in jou glo die onmoontlike. Iets in jou dagdrome oor 'n wonderwerk. Iets in jou weet jy is gemaak om 'n lewe van verspotte geloof te lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal Pastoor Michael Todd jou begelei op 'n reis van geloof terwyl hy jou help om 'n nuwe perspektief op God se planne vir jou te kry: 'n toekoms wat jy jou skaars kan verbeel.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/670540/crazy-faith-by-michael-todd