Om in Liefde te GroeiVoorbeeld

Growing in Love

DAG 3 VAN 5

Om in Liefde te Groei Vereis Sielsbelyning

Om voortreflik lief te hê, moet ons motiverings opreg en suiwer wees. Gevolglik is ‘n gesonde selfbewussyn ‘n vereiste om in liefde te groei.  

Is jou liefde opreg – sonder skynheiligheid of voorgee? Hoe kan kan jy dit weet? Maak doelbewus tyd vir sielsbelyning. Laat ek dit verduidelik. 

 Soms moet ek die chiropraktisyn vir 'n ruggraataanpassing besoek. Dr. Lisa ontdek onvermydelik altyd iets wat nie meer belyn is nie – dan manipuleer sy dit met ‘n geklop, gekraak en gedruk in die regte posisie terug. Hierdie aanpassings bevoordeel my fisieke liggaam op verskeie maniere. 

Dag een van hierdie leesplan het ons bewus gemaak daarvan dat ons heeltemal van God se hulp afhanklik is, indien volkome liefde vir Hom en ander ter sprake is. Een van die voordele om daagliks op God te vertrou en op Hom staat te maak, is dat Hy dikwels iets spesifieks sal openbaar wat regstelling – of 'n sielsbelyning – nodig het. 

Soms wys God vir my dat my ouerskap vreesgebaseerde emosies in plaas van opregte liefde as grondslag het, en dat ek dit aan Hom moet oorgee. Partykeer het ek beledig gevoel, dan wys die Heilige Gees my waar daar trots is om te bely en vergifnis om uit te deel. Ek het baie keer liefdevol probeer help deur bloot op myself staat te maak en hardkoppig my oplossings vir 'n situasie aangebied. 

Ek het nog baie meer voorbeelde, maar wat ek hoop jy verstaan, is dat ons nie ander opreg kan liefhê totdat ons onsself vir teregwysing oopstel en onsself nederig voor die Heilige Geneesheer neerlê nie. 

Ek kan nie liefhê as ek gevul is met vrees, voel ek word beledig, en selfgesentreerd en hardkoppig optree nie. Jy kan ook nie. Dink daaroor na.

Die probleem is dat baie van wat ek en jy doen, dalk selfs die skyn van geregtigheid kan hê. Ons is regtig meesters daarin om selfsugtig, selfvoldaan en selfregverdigend te wees. Die betekenis van liefde is egter veel dieper as wat dit op die oog af lyk. 

'n Goeie daad is nie altyd ‘n liefdevolle daad nie. Wanneer opregte liefde ter sprake is, maak motiewe die meeste saak. 

Ons moet daarom met sagte, nederige harte tot God nader om enige selfmisleiding te verhoed. Net soos om die chiropraktisyn te besoek, sal doelbewuste tyd in gebed met God die selfbewussyn kweek wat ons siele nodig het.

Neem tyd en vra jouself vandag: Wat het ek sover gedoen wat opreg lyk, maar eerlike motiewe ontbreek? 

Gebed: Vra vir God om vir jou te wys of daar enige oneerlike motiewe is waarvan jy afstand moet doen sodat jy in volkome opregtheid kan liefhê. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Love

Wat werklik saak maak, is om God en ander lief te hê, maar hoe kan ons dit effektief doen? Die waarheid is dat ons nie ander uit eie krag ten volle kan liefhê nie. Ons kan vanuit God se opregte en kragtige liefde leef wanneer ons ons oë op Hom rig en onsself nederig voor Hom neerlê. Leer meer oor hoe om in liefde te groei met behulp van pastoor Amy Groeschel se 5-dag leesplan.

More

Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/