Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 28 VAN 43

Lees: Genesis 24:1–60 

SOAP: Genesis 24:7–8

“Die Here die God van die hemel het my weggevat uit my familie, uit die wêreld waar ek gebore is, en my met 'n eed beloof: ‘Ek gee hierdie land waar jy nou is, aan jou nageslag.’ Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring. As die vrou nie saam met jou hierheen wil kom nie, is jy vrygestel van hierdie verpligting. Maar jy mag nie my seun laat teruggaan nie.”


Oordenking

Soos die verhaal van Genesis beweeg van die lewe en geloof van Abraham, na die lewe en geloof van Isak, word Abraham se geloof in God se belofte verder bevestig. Deur 'n graf vir Sara te koop, het Abraham sy geloof in God se belofte om die land aan sy nageslag te gee, bevestig. Ons sien weereens hierdie geloof wanneer Abraham sy slaaf na Paddan-Aram toe stuur om 'n vrou vir Isak te vind. 

Abraham moes 'n vrou vir Isak vind vir hierdie belofte om vervul te word. God kon nie vir Isak 'n groot nasie maak as hy ongetroud gebly het nie (Isak was omtrent 40 jaar oud toe hy getroud is). Abraham moes vir Isak 'n vrou uit sy eie volk vind, dus het hy sy slaaf na Paddan-Aram toe gestuur. Ons sien Abraham se geloof in sy opdrag dat Isak nie na sy bruid se woning gebring moet word nie, maar dat sy na Isak toe gebring moes word. Hy was oortuig dat God nie net vir Isak 'n vrou kon bring nie, maar dat God 'n vrou vir Isak kon bring in hulle nuwe tuiste, in die land van Kanaän, sodat sy nageslag die land kon bewoon wat God beloof het om aan hulle te gee. 

Toe die slaaf by die fontein kom, het hy gebid dat God sy verbondstrou, sy hesed aan Abraham sal betoon. Die Hebreeuse woord hesed word dikwels vertaal as “getroue liefde” maar dit het 'n dieper betekenis as die woord “liefde” in Engels. God se hesed is verbind met sy verbond. Die slaaf het God gevra om sy verbondstrou aan Abraham te wys. Die slaaf was net so oortuig van die belofte wat God aan Abraham en sy familie gemaak het as Abraham self. Hy het geweet dat God getrou aan sy belofte en verbond met Abraham sal wees omdat hy dit baie kere sien gebeur het. Hier, terwyl hy die opdrag ontvang het om 'n vrou te vind om God se belofte te laat voortgaan, het hy vertrou dat God sou optree in sy verbondtrou teenoor sy dienskneg Abraham.   


Gebed

Here God, U is altyd getrou. Dankie dat U vir my u getrouheid aan u beloftes en u verbond wys deur die verhaal van Abraham. Help my om geloof te hê soos Abraham en sy slaaf en dat ek sal glo dat U altyd sal optree in ooreenstemming met u verbond, maak nie saak wat nie. Amen. 


Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/