Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 33 VAN 43

Lees: Genesis 25:12–18; Josua 21:45

SOAP: Josua 21:45

Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom. 


Oordenking

God het baie beloftes aan Abraham gemaak. Hy het belowe om Abraham 'n groot nasie te maak. Hy het belowe dat baie nasies uit Abraham sal kom. Hy het belowe om Abraham se nageslag 'n land van hul eie te gee. Hy het belowe om al die nasies van die wêreld te seën deur Abraham. En, Hy het belowe om Abraham se eersgeborene, Ismael te seën, al was Ismael nie die beloofde erfgenaam nie. 

Genesis 12–50 volg die familielyn Abraham, Isak en Jakob. Ismael se familielyn word in hierdie deel ingesluit om lesers te wys hoe God sy belofte aan Abraham vervul het, alhoewel dit nie dieselfde dekking as Isak se familielyn kry nie. Ismael was nie die seun van die belofte nie, maar God het beloftes aan hom en sy pa gemaak, beloftes wat God nagekom het. Die skrywer van Genesis het die verhaal van Ismael se familie ingesluit om lesers te herinner aan God se beloftehouende karakter in alle omstandighede. Hierdie deel sluit ook die verskuiwing in van die fokus op Abraham na 'n fokus op Isak. 

Honderde jare later, nadat die Israeliete uit slawerny uit Egipte bevry is en in die Beloofde Land gevestig is, leer ons dat God weer al sy beloftes vervul het, hulle het almal waar geword. Ons God is vandag steeds dieselfde. Hy maak beloftes en Hy hou sy beloftes. Ons kan sy karakter bo ons omstandighede, bo ons eie mislukkings en foute vertrou, want Hy hou sy beloftes. Geeneen van God se beloftes word onvervuld gelaat nie. 

Wanneer ons glo dat God sy beloftes sal vervul, kan ons vrede vind in sy tydsberekening. Hy het miskien nie vir ons dieselfde spesifieke beloftes gegee as wat Hy aan Abraham of Ismael of die volk van Israel gegee het nie, maar Hy het inderdaad vir ons beloftes gegee. Hy belowe om met ons te wees en om ons nooit in die steek te laat nie. Hy belowe om in ons behoeftes te voorsien. Hy belowe om vir ons wysheid te gee wanneer ons daarvoor vra. En Hy belowe verlossing en 'n verhouding met Hom vir almal wat in Jesus Christus glo. 


Gebed

Here God, U alleen is die Beloftehouer. Elke belofte wat U maak, word vervul op die tyd wat U bepaal. Ek hou vandag aan U en aan u beloftehouende karakter vas. Help my in my ongeloof en help my om op u tydsberekening te vertrou. Amen.


Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie. Daar was talle oomblikke toe hulle dade nie met hulle geloof gestrook het nie. Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken. (Genesis 15:6)

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/