GENESIS 25:12-18

GENESIS 25:12-18 AFR83

Hier volg besonderhede oor die nageslag van Abraham se seun Ismael wat deur Hagar, die Egiptiese slavin van Sara, vir Abraham in die wêreld gebring is. In volgorde van hulle geboorte was Ismael se seuns: Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam, Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. Die name van hierdie seuns van Ismael is ook gegee aan hulle nedersettings en blyplekke. Hulle was die twaalf leiers van hulle stamme. Ismael was honderd sewe en dertig jaar oud toe hy gesterf het en begrawe is. Sy nageslag het gewoon in die gebied van Gawila af tot by Sur, oos van Egipte in die rigting van Assur, en hulle het met al Ismael se broerskinders oorlog gemaak.

Video vir GENESIS 25:12-18